Showing posts with label ribbetjie. Show all posts
Showing posts with label ribbetjie. Show all posts

Friday, February 12, 2021

Braai n All

Die lekkerste, geurigste boerewors met 'n uitstekende speserymengsel en verder net vleis.  In ons bykans 34 jaar van getroude lewe het ek en my Meesgeliefde nog nie beter wors teengekom nie. 

Lees wat skryf Renate van Wildflower Products, haarself Malmesbury se voorslagvrou met Roosterkoek en diesulke dinge: Hendrik Kotze verkoop DIE lekkerste tuisgemaakte boerewors en patties. Sy varkprodukte is ook net die beste kwaliteit; die kerrietjops en kerrie sosaties is my gunstelinge. Ek kan dit met 'n oop gemoed aanbeveel!

Daar is: 

- Boerewors
- Kaaswors
- Sosatiewors
- Varkwors
- Tuisgemaakte patties
- Varksnitte bv nek, ribbetjies, tjops, ens.
- Braaisout en -souse

Kry jou braaibenodigdhede by Langsdiebos elke Saterdag halfnege tot eenuur maar daagliks van 8vm tot laat op telefoon +27 81 581 8435 of hendrikkotze5 at gmail dot com. 

Beter sal jy nie kry die. Dis nou maar wors!

Braai n All

Die lekkerste, geurigste boerewors met 'n uitstekende speserymengsel en verder net vleis.  In ons bykans 34 jaar van getroude lewe het e...