Ons @langsdiebosmark Twitter-profiel maak dit so maklik om die mark te vind want in ons Bio is die GoogleMaps-skakel na aanwysings net soos wanneer jy sou kliek op die skakel van so flussies.
Sunday, January 24, 2021
Waar is Langsdiebosmark?
Friday, January 22, 2021
Hoekom dit belangrik is om klein markies te ondersteun - Langsdiebos
In ons distrik woon daar sowat 36,000 siele en die ekonomie bestaan hoofsaaklik uit landbou en ligte nywerhede, kleinhandel en administrasie. Daar is een trein per dag Kaapstad toe en dit vertrek ongeveer halfses soggens. Oor naweke is daar geen trein nie en deurgaans geen busdiens nie.
Kaapstad se middestad is net meer as 60km ver en dus 45 minute via die breë, nuwe N7 dubbele snelweg.
Malmesbury is dus makliker bereikbaar vanuit die Skiereiland as baie dele van die Kaap self. Ons is jou nabye, vriendelike bure! En omdat ons naby is en jy dalk ietsie benodig wat ons het, is dit die beste ding wat jy kan doen, om jou paar Randjie hier te kom verhandel vir lekkergoed, snoepgoed, vars groente wat dalk die oggend nog in die tuin was, die heerlikste ingelegde slaaie en vrugte, kaas vana die plaas af, eiers, botter, en dies meer.
Sien, ons staan nie bakhand en vra aalmoese nie, maar as mense se poste gesny word elders of hulle dalk net 30% salaris ontvang, boonop laat daarby, dan wys ons maar net hoe kreatief ons kan wees.
En as iemand elders dalk 'n bees geslag het, vermors ons nie die leer nie maar maak mooi handsakke en drasakke vir skootrekenaars asook aktetasse daarvan. En, nee, ons slag nie diere vir hulle velle nie! Maar dis nie waar dit ophou nie - die wins uit verkope word aangewend om mishandelde vroue en kinders te red en veilig te huisves en is nie vir eie gewin nie. Mense wat jammerlik negatiewe kommentaar lewer op sosiale media het seker nog nooit 'n dag in hulle lewens werklik swaargekry nie en leef in relatiewe luukse. Skrywer salueer TuisBes vir die onbaatsugtige diens aan mense wat hulleself nie kan help ten tyde van nood nie.
langsdiebos is onder leiding van vroue en word bestuur deur Mev Esma Louw, by wie se tafel jy allerhande soorte beskuit, sult, koekies, vrugte en groente in seisoen, vars eiers, klere en boeke kaan koop - asook die heerlikste pasteie in verskillende groottes. Ideaal vir Sondagmiddagete, natuurlik, en goed geprys.
Sommer net so 'n (onvolledige) opsomming, uit die vuis:
- Boepensies aka jaffels met heerlike vulsels
- Pasteie in verskillende groottes
- Artasanale brood en fyngebak deur Chef Francois
- Bully & Koos ontbyt a la carte deur Chef Francois
- Bessie se ingelegde vrugte, slaaie en lekkergoete
- Kaas van die plaas in die distrik, geurig en my gunsteling
- TuisBes se skoonheidsprodukte, leerhandsakke, ens
- Potplantjies, vetplantjies en tuingoed
- Bio-afbreekbare, eko-vriendelike reeks skoonmaakmiddels, sanitizers, ens.
- Renate se Roosterkoekdelikatessen: roosterkoek, opsioneel met botter en konfyt, asook Boeries met die geurigste Mamre-wors daarin.
- Hendrik se boerewors, sosatiewors, varkwors en lekker vleissnitte, braaisout en droë pannekoekmengsel
- Esther bak blinkbeklekker pannekoek, soms koop iemand sommer 20 en sit by 'n tafeltjie, eet lekker en geniet dit met......
- Rick se geurige Arabica-koffie, regte gourmet-koffie met die geselsvriendelike aromas. En Marina maak sjokoladelepels, fudge, meerkatlewertjies (geen meerkaaie is beseer nie, dis plantaardig, kom kyk en proe!)
- Brein en hekel, die mooiste reisdekens, babakleertjies en dies meer Kom kry ook mooigied vir die hare by Cotton Lily
- SewTech verkoop, diens en herstel naai- en omkapmasjiene en bybehore, ook goed soos garing en naalde.
- Oulike tuisgemaakte juweliersware aka fashion accessories van halfedelstene, skulp, pêrels, kristal, miracle beads en dies meer.
- Vars speserye in seisoen - nuwe voorraad word tans ingewag.
- Vars vleis van die plaas af
- Kunswerke, skilderye, te veel om op te noem.................
Die bonus:
- Gratis parkering
- Onderdak uit die elemente
- Gratis Covid-19 handewas
- Dra jou masker
Wednesday, November 25, 2020
Waar Dawid Die Wortels Gegrawe Het
As ‘n mens groenteboer gespeel het as kind en die mooiste
Contender-groenboontjies soggens afgeoes het, naasaan Australiese bruin uie,
ertjies om netnou saam met ‘n gryse Ouma uit te dop (en die helfte rou te
eet!), dan waardeer jy pragtige, vars groente uit die tuin.
Saterdagoggende kan ek my verkyk aan die groot, gesonde
wortels en rooi beet, boerenkool, blomkool, kropslaai of gewoon net kool.
En dis uie, soetrissies (wat mense ‘pepers’ noem) met hulle geel, groen en rooi
lyfies. Daar is dan ook suurlemoene, murgpampoentjies, eiers en boonop
lekker tuisgebakte growwe- en karringmelkbeskuit. Natuurlik bly ‘n lekker
wildspasteitjie nie agterweë nie en dis my eerste keuse vir ontbyt – genoeg
proteïn om ‘n diabeet en enige nader mens lank staande te hou.
Vir iemand wat graag potjie maak, is daar ook vars speserye
en dis belaglik goedkoop.
Maar terug na die pasteie: ek het nou al heerlike
hoender geproe, maar ook eland en ander wild. En dis soos my wyle Ma
Truida dit gemaak het – kry sommer ‘n gesinsgrootte een vir Sondag se
kreuntafel. Jy gaan nie spyt wees nie; dien dit op saam met lekker vars
groente en ‘n slaai, want al die bestanddele lê en wys lyf by die mark.
Vir mense wat iets soek vir die gesin, kom kuier by die mark,
bestel ‘n lekker ontbyt by Sjef Francois se Bully & Koos restaurant
binne die mark, kry Sonja se Boepensies (jaffels) of Renate se Roosterkoek, ook
in Boerie-formaat met Hendrik se lekker wors daarin. Esther langsaan het
pannekoek, Rick & Marina het die verleidelikste lekkergoed en koffie.
Bring die gesin saam, vul die piekniekmandie aan by Langsdiebosmark en gaan doen dan die 5km Driehoekpad; beide is op GoogleMaps met foto's.
Natuurlik is daar goedjies om huis toe te neem, soos
byvoorbeeld kaas vars vanaf die plaas in die distrik en Bessie se Kombuis het
die wonderlikste ingelegde lekkertes. Vrugte, sousbone, kerriebone,
mosterdsous, braaislaai, koringslaai, pastaslaaie en dies meer. End it
kom in Consol-flesse wat duursaam is end us lank gaan hou vir jou.
Daar is ook heerlike ciabatta, rogbrood en koeke.
Water my mond darem nou…………
Braai n All
Die lekkerste, geurigste boerewors met 'n uitstekende speserymengsel en verder net vleis. In ons bykans 34 jaar van getroude lewe het e...

