Ons @langsdiebosmark Twitter-profiel maak dit so maklik om die mark te vind want in ons Bio is die GoogleMaps-skakel na aanwysings net soos wanneer jy sou kliek op die skakel van so flussies.
Langsdiebosmark is agter die HS Swartland in Baroccastraat, in die Voortrekkers se saaltjie wat ons weekliks huur. Daar is lekker baie parkering en die markie is onderdak, uit die wind en weer maar ook uitstekend geventileer.
Nuwe toevoegings is Donuts, Spookasem en Draairoomys! Bring die kinders.
En ons sien soms mense met honde aan leibande; dit sou onprakties wees om met 'n Great Dane daar aan te kom maar onlangs was daar 'n meisie met haar Border Colliewelpie, daar kom mense met Yorkies en Maltesies en Schnauzers. Bring gerus ook daai 'doggie bag' vir die optelslag as daar dalk 'n glipsie was, maar net buite is daar 'n groot bloekombos ingeval die natuur roep. En SAPS het bevestig dat geen probleme oordag by hulle aangemeld word nie.
Daar het jy dit, want ons is mos
#langsdiebos