Showing posts with label Afrikaans. Show all posts
Showing posts with label Afrikaans. Show all posts

Sunday, January 24, 2021

Waar is Langsdiebosmark?

 Ons @langsdiebosmark Twitter-profiel maak dit so maklik om die mark te vind want in ons Bio is die GoogleMaps-skakel na aanwysings net soos wanneer jy sou kliek op die skakel van so flussies. 



Malmesbury is 'n lekker gemaklike 45 minute vanuit Kaapstad se middestad of Paarl of 'n halfuur uit Durbanville.  Alle paaie lei hierheen, of so lyk dit my.  Veral die N7 dubbelweg is net 'n plesier en jy kan jou verlustig aan troppe vee, wingerde, saailande met koring, rog, hawer, gars of goudgeel canola.  

Langsdiebosmark is agter die HS Swartland in Baroccastraat, in die Voortrekkers se saaltjie wat ons weekliks huur.  Daar is lekker baie parkering en die markie is onderdak, uit die wind en weer maar ook uitstekend geventileer.  

Nuwe toevoegings is Donuts, Spookasem en Draairoomys!  Bring die kinders.  

En ons sien soms mense met honde aan leibande; dit sou onprakties wees om met 'n Great Dane daar aan te kom maar onlangs was daar 'n meisie met haar Border Colliewelpie, daar kom mense met Yorkies en Maltesies en Schnauzers.   Bring gerus ook daai 'doggie bag' vir die optelslag as daar dalk 'n glipsie was, maar net buite is daar 'n groot bloekombos ingeval die natuur roep. En SAPS het bevestig dat geen probleme oordag by hulle aangemeld word nie. 

Daar het jy dit, want ons is mos

#langsdiebos


Friday, January 22, 2021

Hoekom dit belangrik is om klein markies te ondersteun - Langsdiebos

In ons distrik woon daar sowat 36,000 siele en die ekonomie bestaan hoofsaaklik uit landbou en ligte nywerhede, kleinhandel en administrasie.  Daar is een trein per dag Kaapstad toe en dit vertrek ongeveer halfses soggens.  Oor naweke is daar geen trein nie en deurgaans geen busdiens nie.

Kaapstad se middestad is net meer as 60km ver en dus 45 minute via die breë, nuwe N7 dubbele snelweg.



Malmesbury is dus makliker bereikbaar vanuit die Skiereiland as baie dele van die Kaap self.  Ons is jou nabye, vriendelike bure!  En omdat ons naby is en jy dalk ietsie benodig wat ons het, is dit die beste ding wat jy kan doen, om jou paar Randjie hier te kom verhandel vir lekkergoed, snoepgoed, vars groente wat dalk die oggend nog in die tuin was, die heerlikste ingelegde slaaie en vrugte, kaas vana die plaas af, eiers, botter, en dies meer. 

Sien, ons staan nie bakhand en vra aalmoese nie, maar as mense se poste gesny word elders of hulle dalk net 30% salaris ontvang, boonop laat daarby, dan wys ons maar net hoe kreatief ons kan wees. 

En as iemand elders dalk 'n bees geslag het, vermors ons nie die leer nie maar maak mooi handsakke en drasakke vir skootrekenaars asook aktetasse daarvan. En, nee, ons slag nie diere vir hulle velle nie! Maar dis nie waar dit ophou nie - die wins uit verkope word aangewend om mishandelde vroue en kinders te red en veilig te huisves en is nie vir eie gewin nie.  Mense wat jammerlik negatiewe kommentaar lewer op sosiale media het seker nog nooit 'n dag in hulle lewens werklik swaargekry nie en leef in relatiewe luukse.  Skrywer salueer TuisBes vir die onbaatsugtige diens aan mense wat hulleself nie kan help ten tyde van nood nie. 

langsdiebos is onder leiding van vroue en word bestuur deur Mev Esma Louw, by wie se tafel jy allerhande soorte beskuit, sult, koekies, vrugte en groente in seisoen, vars eiers, klere en boeke kaan koop - asook die heerlikste pasteie in verskillende groottes.  Ideaal vir Sondagmiddagete, natuurlik, en goed geprys.  

Sommer net so 'n (onvolledige) opsomming, uit die vuis:

  • Boepensies aka jaffels met heerlike vulsels
  • Pasteie in verskillende groottes
  • Artasanale brood en fyngebak deur Chef Francois
  • Bully & Koos ontbyt a la carte deur Chef Francois
  • Bessie se ingelegde vrugte, slaaie en lekkergoete
  • Kaas van die plaas in die distrik, geurig en my gunsteling
  • TuisBes se skoonheidsprodukte, leerhandsakke, ens
  • Potplantjies, vetplantjies en tuingoed
  • Bio-afbreekbare, eko-vriendelike reeks skoonmaakmiddels, sanitizers, ens.
  • Renate se Roosterkoekdelikatessen:  roosterkoek, opsioneel met botter en konfyt, asook Boeries met die geurigste Mamre-wors daarin.
  • Hendrik se boerewors, sosatiewors, varkwors en lekker vleissnitte, braaisout en droë pannekoekmengsel
  • Esther bak blinkbeklekker pannekoek, soms koop iemand sommer 20 en sit by 'n tafeltjie, eet lekker en geniet dit met......
  • Rick se geurige Arabica-koffie, regte gourmet-koffie met die geselsvriendelike aromas.  En Marina maak sjokoladelepels, fudge, meerkatlewertjies (geen meerkaaie is beseer nie, dis plantaardig, kom kyk en proe!
  • Brein en hekel, die mooiste reisdekens, babakleertjies en dies meer Kom kry ook mooigied vir die hare by Cotton Lily
  • SewTech verkoop, diens en herstel naai- en omkapmasjiene en bybehore, ook goed soos garing en naalde. 
  • Oulike tuisgemaakte juweliersware aka fashion accessories van halfedelstene, skulp, pêrels, kristal, miracle beads en dies meer.  
  • Vars speserye in seisoen - nuwe voorraad word tans ingewag. 
  • Vars vleis van die plaas af
  • Kunswerke, skilderye, te veel om op te noem.................
Ons is net meer as 'n halfuur uit Durbanville of Paarl!   En ons is oop Saterdae vanaf 8:30 tot eenuur. Kry ons maklik op GoogleMaps https://g.page/langsdiebos?share

Die bonus:

  1. Gratis parkering
  2. Onderdak uit die elemente
  3. Gratis Covid-19 handewas
  4. Dra jou masker

Wednesday, November 25, 2020

Waar Dawid Die Wortels Gegrawe Het

 

As ‘n mens groenteboer gespeel het as kind en die mooiste Contender-groenboontjies soggens afgeoes het, naasaan Australiese bruin uie, ertjies om netnou saam met ‘n gryse Ouma uit te dop (en die helfte rou te eet!), dan waardeer jy pragtige, vars groente uit die tuin.

 


Saterdagoggende kan ek my verkyk aan die groot, gesonde wortels en rooi beet, boerenkool, blomkool, kropslaai of gewoon net kool.  En dis uie, soetrissies (wat mense ‘pepers’ noem) met hulle geel, groen en rooi lyfies.  Daar is dan ook suurlemoene, murgpampoentjies, eiers en boonop lekker tuisgebakte growwe- en karringmelkbeskuit.  Natuurlik bly ‘n lekker wildspasteitjie nie agterweë nie en dis my eerste keuse vir ontbyt – genoeg proteïn om ‘n diabeet en enige nader mens lank staande te hou. 

 


Vir iemand wat graag potjie maak, is daar ook vars speserye en dis belaglik goedkoop. 

 

Maar terug na die pasteie:  ek het nou al heerlike hoender geproe, maar ook eland en ander wild.  En dis soos my wyle Ma Truida dit gemaak het – kry sommer ‘n gesinsgrootte een vir Sondag se kreuntafel.  Jy gaan nie spyt wees nie; dien dit op saam met lekker vars groente en ‘n slaai, want al die bestanddele lê en wys lyf by die mark. 

 

Vir mense wat iets soek vir die gesin, kom kuier by die mark, bestel ‘n lekker ontbyt by Sjef Francois se Bully & Koos restaurant binne die mark, kry Sonja se Boepensies (jaffels) of Renate se Roosterkoek, ook in Boerie-formaat met Hendrik se lekker wors daarin.  Esther langsaan het pannekoek, Rick & Marina het die verleidelikste lekkergoed en koffie. 


Bring die gesin saam, vul die piekniekmandie aan by Langsdiebosmark en gaan doen dan die 5km Driehoekpad; beide is op GoogleMaps met foto's. 

 

Natuurlik is daar goedjies om huis toe te neem, soos byvoorbeeld kaas vars vanaf die plaas in die distrik en Bessie se Kombuis het die wonderlikste ingelegde lekkertes. Vrugte, sousbone, kerriebone, mosterdsous, braaislaai, koringslaai, pastaslaaie en dies meer.  End it kom in Consol-flesse wat duursaam is end us lank gaan hou vir jou. 

 


Daar is ook heerlike ciabatta, rogbrood en koeke. 

 

Water my mond darem nou…………

 

Monday, November 9, 2020

Saterdag is Gesinsdag

    Ons stap in, skuins na sewe die oggend.  Regoor die deur is Esma se plaastafel reeds belaai met spinasie en eiervrug, grenadellas, eiers, groenboontjies, uie, kool en allerhande plaasgroente.  Daar is rou heuning, allerhande soorte beskuite: semel, karringmelk, growwe beskuit, pasteie.  Nog voordat ek by die gesellige vuurtjie in die oop herd kom, het ek reeds 'n lekker hoenderpastei gekoop vir ontbyt.  Erica was daar om te help.

    Oppad vuur toe, bestel ek lekker vars Toskaanse koffie by Rick, in wese 'n ware Devonshireman wat hier in die Swartland kom vestig en in die week 'n computer geek is - maar Saterdae staan hy en Carlamello bont om geurige koffie aan te dra regoor die markie, ook daar waar mense sommer netnou gaan aansit vir prentjiemooi lipleklekker Bully & Koos ontbyt van Sjef Francois.  

    Renate se geel vuurvlammetjies roep die pionier in my en ek gaan maak hande warm al is die oggend allesbehalwe koud.  Daardie vlammetjies gaan netnou rooi kole word en dan roosterkoek en platbrood gaar rooster.  Behendig weeg sy die deeg af, dat almal ewe veel kry en niemand tekort skiet nie. Plus minus twee gram, sê Renate en pak nog ses ronde degies op die rooster.  Netnou sal iemand 'n Boerie kom bestel; dis ook roosterkoek met Hendrik se lekker geurige wors daarin.  Jy kan kies tussen 'n smoor of Daai Sous.  Dis ook waar moerbeitert regstaan, pragtig tuisgebak met die hulp van Hanlie wat Saterdae by die mark kom help. 



    Marina (sy is Rick se Tweede Opinie) het sulke kabouter-oulike sjokoladeverleidings wat saam met koffie gaan, met tuisgemaakte malvalekkers daarin.  Sy maak die verruklikste lekkers met die hand en haar spesialiteit is mos meerkatlewertjies.  Dis hulle familienaam vir 'n gesogte soetdingetjie genaamd Turkish Delight.  En sy wéét hoe!

    Kry sommer lekker pizza-basis met regte Itialiaanse tamatiepasta, hou gevries en maak jou eie smaaklike ete soos nodig.  Ons het dit tuis probeer en dit was heerlik, soos pizza moet, met "crispiness.

    Sommer by die deur links is Karen se handgemaakte juwele, iets wat sy al van 2006 af doen en haar produkte leef al voort on London, Melbourne, Atlanta, Jacksonville, Parys Fr, Kanada.....maar jy kan joue kry teen groothandelpryse hier by langsdiebos. Sy gebruik graag halfedelstene, egte pêrels, varswaterpêrels, vulkaniese rotssteentjies, koraal, ens.  Halssnoere, armbande, oorkrabbetjies en dies meer.  Dis ook waar jy vars kruie en speserye gaan kry, direk van die invoerders af.  Gerookte paprika, masala, kerries, gemmer, goudgeel borrie, kaneelstokkies, ens.  

    Sonja en haar dogter verskaf Boepensies en dis baie lekker.  As mens nou nie 'n fris hoenderpastei agter die blad het nie, is daar dalk plek vir 'n Brekfis Boepensie met kaas, gebakte eier en bykin daarin. Dis nou egte jaffels in daai outydse pannetjies gebak.  Mensig, maar die markgangers boer daar en bestel sommer genoeg vir die naweek, bestel vooruit vir die week wat kom.  Dit maak etes vir werkende mammas, slim huisvroue, alleenvroue en altydhonger mans mos baie maklik. 

    Langsdiebos is oop Saterdae vanaf 8:30 - 1, ons laaste markdag vir 2020 is Saterdag, 19 Desember.  Kry ons hier of soek op GoogleMaps na #langsdiebos https://g.page/langsdiebos?share  Ons is minder as 'n uur met die nuwe breë N7-dubbelweg vanaf Kaapstad, daar is genoeg parkering, te eet en te drink, pragtige brei- en hekelwerk, leerhandsakke, Salomé se tuisgemaakte skoonheidsmiddels, Bessie se ingelegde vrugte, bone en slaaie..............

Kom maak 'n draai!  Bring die gesin en gaan stap agterna op die immer gewilde Driehoekpad of bring die bergfietse saam 




Monday, October 19, 2020

Dis Nou Maar Wors! Gee Daai Sous Aan Asb?

Saterdag, die sewende dag van die week, is die hoogtepunt.  Vroegoggend kom mens daar aan en bespied die omgewing vir vriendelike magte.  As daar vlammetjies dans en 'n houtvuurtjie soos boksbrekfis klap, knetter en kraak, is dit 'n stewige begin.  Want Renate se glimlag en vars roosterkoek is oppad.   

En naasaan sit Hendrik reg met sy braaigoed en vleisgoed, vanaf die Kalahari tot die Swartland se proesels is daar.  Soute sonder foute, sommer net reg vir braai.  Daar is legendariese Boerewors, 'n smaaklike sosatiewors en ander worsighede sonder branding van die groot ouens.  Hendrik se wors is nou maar wors!

Daar by Renate se Roosterkoekvuurtjie is daar ook Boeries wat sy maak met voormelde wors en kry jy dan nou vir jou Daai Sous.  'n Geurige, pikante sous wat iewers in die agterkop bekenderig proe maar jy sal haar voetsole met 'n warm kool moet brand vir die resep.  En omdat sy vriendelik glimlag, sal jy haar nie gaan martel nie maar eerder haar olywe en moerbeigoete probeer.  

Wanneer laas het jy regte moerbeistroop geproe?

Langsdiebos Mark gebeur Saterdag 8:30 - 1 en jy kry ons via GoogleMaps

Braai n All

Die lekkerste, geurigste boerewors met 'n uitstekende speserymengsel en verder net vleis.  In ons bykans 34 jaar van getroude lewe het e...