Langsdiebos mark

 Langsdiebos mark is, soos die naam sê, geleë langs die groot bloekombos in Malmesbury, hoofstand van die Swartland, in Suid-Afrika.   Bloekoms is in 1845 na Suid-Afrika gebring hoofsaaklik om stutte vir mynbou te voorsien.  Die mees bekende bloekom is seker die pragtige Saligna en ons mark word begrens deur die pragtige saligna-bome. 

Om ons te vind, is regtig baie maklik en hier is die ligging op GoogleMaps

Langsdiebos mark huisves verskeie uitstallers wat enigiets verkoop van varsgebakte pannekoek tot plaashoenders, eiers, vleis, wors, biltong, Boepensies (jaffels), samoosas, brood, groot koeke, ingelegde vrugte en groente, kerrieboontjies, ens.

Roosterkoek, op die kole gebraai sommer net daar op die perseel, met vars plaasbotter, appelkooskonfyt en kaas, daar is moerbeistroop en moerbeikonfyt, olywe en dan weer vars vrugte, plaasvars groente, boerseep, tuisgebakte beskuit, heerlike pasteie, ens.  Regtig te veel om op te noem.

Dan is daar tuishemaakte skoonheidseep, allerhande tuisgemnaakte velrome, pragtige potplante, handgemaakte juwele, ander mooigoed.

Jy kan ook jou foto op 'n koffiebeker laat druk of sandblaas, besigheidskaarties laat druk of selfs mooi kussings met jou liefdesboodskappie daarop.  Jip, by Langsdiebosmark is daar regtig baie meer as dit, soos ook tuisgemaakte lekkers.  

Natuurlik is daar ook pragtige handgemaakte halssnoere van halfedelstene, pêrels, kristal en ander materiale, en armbande, oorkrabbetjies, ens.  By dieselfde stalletjie kry jy geurige Garam Masala, Jeera, Borrie, Kerrie, ens.; vir 'n appel en 'n ei.

Kom Saterdag en bly na die mark om te gaan stap of bergfiets te ry op die befaamde Driehoekpad, waar die natuurskoon van die Renosterveld te vinde is.  Daar is meer as 5km om bene te rek en ons sien gereeld veldblomme, selfs in Julie reeds.  Met die kleinkinders in die bos gaan stap en pragtige voëltjies gesien, bv die jangroentjie aka malachite hummingbird.  Visarende vlieg soms bo-oor en gee dardie Roep van Afrika, in seisien is daar Arun-valkies, rooistert-swaeltjies, kleinpelikane, ibisse, ens. 

Die pragtige nuwe N7 dubbelweg maak dit so maklik vir Kapenaars om gou weg te glip platteland toe en ons is 'n hanetreetjie vanaf Wellington, Durbanville, Paarl, Riebeekvallei, Darling, Moorreesburg en selfs Yzerfontein of Langebaan.  Malmesbury is die middelpunt.

Sien jou daar!








Braai n All

Die lekkerste, geurigste boerewors met 'n uitstekende speserymengsel en verder net vleis.  In ons bykans 34 jaar van getroude lewe het e...