Lees wat skryf Renate van Wildflower Products, haarself Malmesbury se voorslagvrou met Roosterkoek en diesulke dinge: Hendrik Kotze verkoop DIE lekkerste tuisgemaakte boerewors en patties. Sy varkprodukte is ook net die beste kwaliteit; die kerrietjops en kerrie sosaties is my gunstelinge. Ek kan dit met 'n oop gemoed aanbeveel!
Daar is:
- Boerewors
- Kaaswors
- Sosatiewors
- Varkwors
- Tuisgemaakte patties
- Varksnitte bv nek, ribbetjies, tjops, ens.
- Braaisout en -souse
Kry jou braaibenodigdhede by Langsdiebos elke Saterdag halfnege tot eenuur maar daagliks van 8vm tot laat op telefoon +27 81 581 8435 of hendrikkotze5 at gmail dot com.
Beter sal jy nie kry die. Dis nou maar wors!