Wednesday, January 27, 2021

Vars Weskussout is beter as enige ander sout - en dis hoekom.

Seesout het iets soos veertig persent minder natrium per volume as gemynde tafelsout en behoort dus die gesonder opsie te wees.  Daar is mense wat natuurlik glo in die bygeloof dat peperduur pienk sout gesonder is, want dit bevat glo meer minerale.

Die probleem is dat die pienk skynsel deur roes veroorsaak word, dus ysteroksied.  En daar is so min daarvan in die pienk sout dat jy berge daarvan moet eet om enige noemenswaardige hoeveelhede in te neem.  Dus, die verhewe waarde van pienk sout is niks anders as 'n bykans Middeleeuse bygeloof nie. O, en dit bevat kalium wat jou hartritme kan versteur as jy te veel daarvan sou inneem, net soos wat die eet van te veel piesangs jou hart kan benadeel.

Suiwer seesout kom op jou tafel, vars van die rotse af.  Dit smaak beter as ander sout en is nie meer nadelig as enige ander sout nie,  Die goeie ding van Weskussout, natuurlik, is dat dit niemand befonds wat ere-moorde of geloofsmoorde pleeg nie en ook nie terroriste befonds wat gelowiges onthoof en martel of selfmoordbomplanters om die aarde stuur nie.

Weskussout is die sout van die aarde, glo my.  Kom kry by Langsdiebos elke Saterdag halfnege tot eenuur.  Kliek hier vir aanwysings.

No comments:

Post a Comment

Braai n All

Die lekkerste, geurigste boerewors met 'n uitstekende speserymengsel en verder net vleis.  In ons bykans 34 jaar van getroude lewe het e...