Thursday, January 14, 2021

Langsdiebos Mark Heropen 16 Jan 2021!

Langsdiebos Mark
Off Barocca St, Malmesbury, 7300
083 761 0422
https://maps.app.goo.gl/dk9KuvNKRU9deaa59 

Ons mark heropen Saterdag 16 Januarie 2021.  Kom kry gerus lekker aansit-ontbyt a la carte van Bully & Koos Restaurant, of vars Boepensies (lipleklekker jaffels), 'n lekker tuisgebakte pastei of 'n Roosterkoek Boerie. 

En dan is daar Rick's Coffee met geurige Arabica-koffie en vir die soettand is daar tuisgemaakte lekkers. Al is dit plantaardig, is daar meerkatlewertjies ook, net 'n oulike naampie vir iets baie lekkers.  Geen meerkaaie is beseer nie. 

Handgemaakte hekel- en breiwerk, verskeidenheid mooigoed en juwelierswerk vir dogtertjies van 8 tot aggentaggentag, babakleertjies, plantjies vir die tuin, handsakke, die pragtigste flesse ingelegde bederfies soos vrugte, slaaie, kerrieboontjies, beet, ens. 

Bio-afbreekbare skoonmaakmiddels, tweedehandse boeke, somtyds is Fransie daar met sy goue kitaar en wat nog alles.  

Mense kom van ver: Beaufort-Wes, Nelspruit, Lambertsbaai, Kleinbaai, Vredendal, groter Kaapstad en ook mense uit die distrik. En dit eet, drink en gesels tot die spreekwoordelike koeie huistoe kom en die hoenders agteruit vlieg.  Hulle koop die mooiste vars groente, vleis en kaas uit die omgewing. 

Nou toe, sien jou Saterdag 8:30 tot eenuur.  Langsdiebos is op GoogleMaps. Daar is 'n menigte foto's .......


No comments:

Post a Comment

Braai n All

Die lekkerste, geurigste boerewors met 'n uitstekende speserymengsel en verder net vleis.  In ons bykans 34 jaar van getroude lewe het e...