Tuesday, December 22, 2020

'n Ongewone Oggend

Die son het oudergewoonte opgekom oor die Slanghoekberge, soos dit maar gebeur.  Wintertye is dit die Saronsberg wat sy nek intrek dat die son kan bo-oor klouter om 'n nuwe dag te bring. 

Ons het ons sakke en pakke geneem en begin aanstap; dis nog nie eens 'n myl ver nie toe ons by die Voortrekkersaal aankom. langsdiebos en die laaste markdag vir 2020.  Aldaar, vinnig 'n pasteitjie van Esma se stalletjie af laat aantree vir ontbytparade en baie lekker, geurige kofiki van Rick's Coffee.  Hy bedien keurgraad arabica van Peacock's. 

Renate se dooievuur was dadelik opmerklik in die afwesigheid van vlamme wat dans, knetter en klap en waar mens so lekker na stroois kan ruik as jy 'n wyle vertoef het waar roosterkoek en boeries gebeur.  Daar was nuwe oftewel ander gesigte met goed soos gemmerbroodhuisies en sulke boksies vol Kersfeeslekkerte vir die soettand.  En die dag het sy lui lyf uitgerek, diep gegaap en toe skielik besig geraak.  Vra een my mos "hoe is langsdiebos dan?" en ek laat weet dis soos kerkbasaar sonder die kerk. 

Want dis koeke en poedings en terte en beskuide en heuning en koekies en en en en en.  Hendrik se vleismuseum en Esther se pannekoek ding mee vir aandag aan die vuurkant van die saak en Esma se tafel kreun onder die skoonheid van prenkimooi groentes wat vanoggend nog dou gevang het in tuinery neffens Malmesbury; ons voer nie vars goed in van veraf markte nie maar verkoop hoofsaaklik plaaslike produkte hier by langsdiebos. Maasbirrie se boeghe wat bghy brand nie gate in die osoonlaag nie maar hou die koolstofvoetspoor klein. 

En sal ek weer seg, ons ondersteun plaaslik.

Want markies soos hierdie is veelsydig.  Kom ek lig net 'n paar aspekte uit:

  • Plaaslike talent word aangewakker en ten toon gestel.  Vat nou maar 'n flessie daar by Bessie en sien die pragtige ingelegde lekkertes uit die vrugteboord, of kunstig gebreide of gehekelde babakleertjies, lappoppe, halssnoere, oorkrabbetjies, armbande, wildspasteie, plaaskaas en -botter, flessies met olywe en knoffel en watnogals.  Die kunssin wat mens hier sien, laat staan mens verstom vir die talent wat kom uit een distrik met minder as veertigduisend siele.  Die gawes waaroor hierdie liewe mense beskik is gewoon verbysterend. 
  • Entrepreneurskap is nog 'n ding, want mense leer hoe om te vervaardig, die produk te prys en te bemark. Dis goed en wel dat die uwe prentjies plak op Twitter en sowat 'n kwartmiljoen mense elke maand dit "like" maar dit sou beter wees as voete liewer sou opdaag om te kom koop.  En dis wat jy daarvan maak as die voete wel instap, wat saak maak. Want as hulle "like" wat ons uitstal, sal hulle koop. 
  • Werkskepping in 'n milieu waar die gebrek aan melanien, byvoorbeeld, werkloosheid min of meer waarborg, is baie belangrik. Want daar is mense wat huur betaal, kos en klere koop en veral kinders skool toe stuur met langsdiebos markverdienste.  Dis nie 'n gemeenskap wat wag op aalmoese nie maar weet hoe om hulleself uit 'n diep inperkingsgat uit te grawe.  Voorwaar 'n span begeesterde raakvatters, mense met integriteit wat ons enige tyd kan salueer.

Toe doen my foon 'n vreemde ding, so 'n ent in die oggend in - die ding begin lui.  Aan die ander kant is daar 'n ver verlangseun wat twee ure met sy pa praat en toe die langasems klaarkry met hulle jaarlikse oproep, toe slaan Fransie die kitaar en die mense sing Happy Birthday.  Ek skrik my uit my geloof uit in 'n ander DNA in en is oorstelp met waardering vir die koor wat vir my sing op 'n Saterdag langsdiebos en ek seg net weer baie dankie.

Die uwe is mos 'n Blootvoet en afstammeling van Jan Pieterszoon Louw, wat in 1658 aangekom het uit Caspel ter Mare en uiteindelik van die eerste boere was wat aan die Paardeberg kom vestig het.  Dit was nog in die dae van ou Jan en Meraai en Autshomao en Krotoa.  En dit maak steeds van my 'n inkommer.

So bou ons gemeenskap, een flessie koejawels op 'n keer.  So bou ons 'n toekoms as ons Daai Sous oor ons Boerie gooi.  Elke vars beet, geeloranje wortel of 'n boepensie kap nog 'n spyker in die doodskis van die resessie.  Want ons as gemeenskap het besluit om nie aan resessies deel te neem nie. 

Wat anders verwag jy dan van mense wat meerkatlewertjies opeet vir soetkoek?

Thursday, December 10, 2020

We deliver - ons lewer af!

Readers often tell me that our market is too far away.  Well, through the Pep Stores courier service, we can deliver right to you at very little extra cost, usually well below R100. 

 

Ons kan dit vir jou stuur en sommige pakkies kos sowat R66 om te vervoer en ons het nog nooit eens soveel as R100 betaal nie.

 

Delivery usually takes up to a week.  Alewering neem ongeveer een week.

 

Twitter

Braai n All

Die lekkerste, geurigste boerewors met 'n uitstekende speserymengsel en verder net vleis.  In ons bykans 34 jaar van getroude lewe het e...